top of page
WhatsApp Image 2026-10-12 at 09.17_edited.png

Termes en Voorwaardes 

Deur ’n persoon, besigheid, organisasie of instansie vir die Maluti FM Toekennings 2027 te nomineer, erken en aanvaar die nomineerder dat hy/sy die volgende bepalings en voorwaardes gelees en verstaan het.

1. Die Toekennings

1.1 Die Maluti FM Toekennings 2027 word aangebied deur Maluti FM met die doel om individue, besighede, organisasies en instansies in die gemeenskap te erken en te vereer vir hul bydrae, diens, prestasies en betrokkenheid.


1.2 Die toekennings bestaan uit verskeie kategorieë soos deur Maluti FM bepaal en gepubliseer.


1.3 Maluti FM behou die reg voor om kategorieë te wysig, by te voeg, te kombineer of te kanselleer indien dit nodig geag word.
 

2. Nominasies

2.1 Enige persoon, besigheid of organisasie wat aan die vereistes van ’n spesifieke kategorie voldoen, kan genomineer word.


2.2 ’n Persoon kan slegs genomineer word in ’n kategorie waarvoor hy/sy kwalifiseer.


2.3 ’n Besigheid of organisasie moet binne die toepaslike bedryf of diensgebied van die betrokke kategorie werksaam wees.


2.4 Maluti FM behou die reg voor om ’n nominasie te diskwalifiseer indien die genomineerde nie aan die vereistes van die betrokke kategorie voldoen nie.


2.5 Maluti FM behou die reg voor om ’n genomineerde te kontak om inligting te bevestig of verdere inligting vir die nominasieprofiel te versoek.

3. Sportkategorieë

3.1 Die Sportman van die Jaar en Sportvrou van die Jaar-kategorieë is slegs oop vir persone bo 18 jaar.


3.2 Geen skoolleerder sal vir hierdie twee kategorieë in aanmerking geneem word nie, selfs al is die persoon 18 jaar of ouer.


3.3 Sportprestasies moet betrekking hê op die toepaslike kwalifiserende tydperk soos deur Maluti FM bepaal. Maluti FM behou die reg voor om bewys van sportprestasies, uitslae, ranglyste, sertifikate of ander relevante dokumentasie van ’n genomineerde te versoek ten einde die genoemde prestasies te verifieer.

4. Publikasie van Nominasies

4.1 Gekeurde nominasies kan deur Maluti FM op sy radiostasie, sosiale mediaplatforms, webtuiste en ander bemarkingskanale gepubliseer word.


4.2 Deur ’n persoon of organisasie te nomineer, gee die nomineerder toestemming dat die naam en relevante nominasie inligting vir die doeleindes van die toekennings gepubliseer kan word.


4.3 Genomineerdes word versoek om ’n foto, kort biografie en ander relevante inligting aan Maluti FM te verskaf.

5. Stemming

5.1 Nadat die nominasies gefinaliseer is, sal die stemming op die datum wat deur Maluti FM aangekondig word, open.


5.2 Lede van die publiek sal die geleentheid kry om vir hul voorkeurgenomineerde te stem.


5.3 Die metode en reëls vir stemming sal deur Maluti FM aangekondig word en sal deur ‘n onafhanklike onderneming op ‘n webtuiste plaasvind.


5.4 Slegs stemme wat volgens die voorgeskrewe stemproses ontvang word, sal in aanmerking geneem word.


5.5 Maluti FM behou die reg voor om stemme wat as ongeldig, onreëlmatig, bedrieglik of op enige ander manier onbehoorlik verkry word, te verwerp.


5.6 Enige poging om die stemproses te manipuleer of te beïnvloed deur bedrieglike of onwettige metodes kan tot diskwalifikasie lei.

6. Top 3 Finaliste

6.1 Die Top 3 genomineerdes in elke toepaslike kategorie sal as finaliste aangewys word.


6.2 Finaliste sal deur Maluti FM in kennis gestel word.


6.3 Finaliste moet beskikbaar wees om die gala geleentheid by te woon.


6.4 Indien ’n finalis nie die geleentheid kan bywoon nie, moet Maluti FM vooraf daarvan in kennis gestel word.

7. Gala geleentheid

7.1 Die Maluti FM Toekennings 2027 geleentheid vind plaas op Vrydag, 19 Februarie 2027, by Voortrekker Hoërskool, onderhewig aan enige verandering wat deur Maluti FM aangekondig mag word.


7.2 Finaliste word versoek om die gala-geleentheid by te woon aangesien die wenners tydens die geleentheid aangekondig sal word.


7.3 Kaartjies vir die gala-geleentheid is nie by die nominasie ingesluit nie en sal afsonderlik verkoop word teen die prys wat deur Maluti FM aangekondig word.


7.4 Kaartjiepryse, insluitend enige maaltye of drankies wat ingesluit is, sal vooraf deur Maluti FM bekend gemaak word.

8. Toekennings en Beeldjies

8.1 Die wenner van elke kategorie sal ’n amptelike Maluti FM Toekennings beeldjie ontvang, onderhewig aan die toepaslike kategorie.
8.2 Waar ’n kategorie deur ’n borg geborg word, kan die borg se besigheidsnaam of handelsmerk op die beeldjie verskyn wat deur die wenner ontvang word.
8.3 Die toekenning van ’n beeldjie is nie oordraagbaar nie en sal slegs aan die aangewese wenner oorhandig word.

9. Borgskappe

9.1 Besighede kan die geleentheid kry om ’n spesifieke kategorie te borg teen die borgskapbedrag wat deur Maluti FM bepaal word.


9.2 ’n Borgskap gee nie aan die borg enige reg om die wenner, finaliste of uitslag van die stemming te bepaal nie.


9.3 Geen borgskap van ’n kategorie of die geleentheid beïnvloed nie die stemproses of uitslag nie.


9.4 Maluti FM behou die finale beheer oor die administrasie, stemming en uitslae van die toekennings.

10. Diskwalifikasie

10.1 Maluti FM behou die reg voor om enige nominasie of genomineerde te diskwalifiseer indien:

 

  • Die genomineerde nie aan die kategorievereistes voldoen nie.

  • Vals of misleidende inligting verskaf is. 

  • Daar gepoog is om die stemproses te manipuleer.

  • Die genomineerde of nomineerder die bepalings en voorwaardes oortree.

  • Enige ander omstandigheid ontstaan wat die integriteit van die toekenningsproses kan benadeel.


10.2 Maluti FM se besluit rakende die geldigheid van ’n nominasie of stem sal finaal wees, behoudens enige regte wat deelnemers ingevolge toepaslike wetgewing mag hê.

11. Persoonlike Inligting

11.1 Deur aan die nominasieproses deel te neem, erken die nomineerder en genomineerde dat sekere persoonlike of besigheidsinligting benodig mag word om die toekennings te administreer.


11.2 Inligting wat vir publisiteitsdoeleindes benodig word, kan deur Maluti FM gebruik word in verband met die Toekennings 2027.


11.3 Maluti FM sal persoonlike inligting hanteer in ooreenstemming met toepaslike Suid-Afrikaanse wetgewing, insluitend die Protection of Personal Information Act (POPIA).

12. Verantwoordelikheid van Genomineerdes

12.1 Dit is die verantwoordelikheid van die genomineerde om korrekte inligting aan Maluti FM te verskaf.


12.2 Genomineerdes moet toesien dat enige foto’s, biografieë, logo’s of ander materiaal wat aan Maluti FM verskaf word, wettiglik gebruik mag word.


12.3 Deur materiaal aan Maluti FM te verskaf, bevestig die persoon dat hy/sy die nodige toestemming het vir die gebruik daarvan.

13. Veranderinge aan die Toekennings

13.1 Maluti FM behou die reg voor om datums, lokale, kategorieë, stemprosedures of ander administratiewe besonderhede te verander indien omstandighede dit vereis.


13.2 Enige wesenlike veranderinge sal deur Maluti FM via toepaslike kommunikasiekanale bekend gemaak word.

14. Aanvaarding van die Bepalings

14.1 Deur deel te neem aan die Maluti FM Toekennings 2027, aanvaar die nomineerder en genomineerde hierdie bepalings en voorwaardes.


14.2 Deur ’n nominasie te aanvaar en aan die stem- en finaliseringsproses deel te neem, bevestig die genomineerde dat die inligting wat aan Maluti FM verskaf is, na die beste van sy/haar wete korrek en volledig is.

15. Algemene Voorwaardes

15.1 Hierdie toekennings is ’n gemeenskapsgerigte erkenningsgeleentheid en is nie bedoel om enige individu, besigheid, organisasie of beroep te benadeel of te diskrediteer nie.


15.2 Maluti FM sal poog om die proses op ’n deursigtige en billike wyse te administreer.


15.3 Deur deel te neem, stem deelnemers in tot die bogenoemde bepalings en voorwaardes.

 Vier dié wat ’n verskil maak

M

MALUTI FM
TOEKENNINGS 2027

Ons vier dié wat ’n verskil maak.

Terug na bo

bottom of page